CzeslawBassara

Czeslaw Bassara

Liewe vriende,

Ons verwelkom julle by die 'Proklameer die Woord uit' program.  Ons wil graag 'n seen wees vir jul, want God se Woord, die Bybel is so 'n seen vir ons!

Die doel van hierdie bediening is nie om metodiek, sendingstories of KEB programme te leer nie.  Dit is alles oor die Bybel, wat beteken Bybel boodskappe, Bybel boodskap opsommings en artikels oor hoe om die Bybel beter te verstaan en toe te pas!

Hoe dieper ons gaan in die Woord van God, hoe meer sal ons die nuwe generasie vir Christus bereik! Terwyl u die materiaal gebruik, vra ek of u ook sal intree in gebed vir hierdie bediening.

Dr. Czesław Bassara

Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Proclaiming the Word!

'Proklameer die Woord' is die Internasionale Bybel Opleidings Bediening van Kinderevangelisasie Beweging Inc. Dit le hul daarop toe om die geestelike behoeftes van die KEB personeel wereldwyd dmv die internasionale Bybel bediening te beantwoord so ver moontlik. Dit is net so groot seen ook vir elkeen wat net erns maak met God en Sy Woord.

Hierdie bediening verteenwoordig KEB by verskeie geleenthede:

 

ONDERRIG EN PREKE

Deur onderrig te gee in KEB institute,

Deur KEB te verteenwoordig en onderrig te gee by Bybelskole, Kolleges en Teologiese Instansies,

Deur optredes by konferensies, kerkdienste en kampe( 'retreats')

 

VERTEENWOORDIGING VAN KEB

Deur besoek af te le by predikante en Christen leiers,

Deur KEB ook bekend te stel by internasionale forums, konsultasies en konferensies.

 

SKRYFWERK

Deur die skryf van items en artikels.  Meeste daarvan sal op hierdie webbladsy beskikbaar wees.

 

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening