Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
Czeslaw Bassara
1948 gebore in Brzeszcze naby Oswiecim (Auschwitz) in Poland in 'n Christen familie.
1965 gee sy lewe vir die Here. Begin in dieselfde jaar met kinderevangelisasie in Poland.
Studeer en werk in Oswiecim area tot en met 1969.
1969-1974 studeer theologie by die Christen Teologiese Akademie in Warsaw, Poland.
1972 trou met Helena. Twee kinders is uit die huwelik gebore; Bogdan (gebore 1975) en Dorota (gebore 1979). Albei is getroud en met hul gades (Agnieszka en Konrad) betrokke in KEB bediening.
1975 verkry sy Meestersgraad in Teologie in Poland.
1976 voltooi die KEB Leierskap Opleidingsinstituut te Kilchzimmer, Switzerland.
1969 - 1990 organiseer uitreike aan kinders en jeug, opgeleide onderwysers en ouers in Poland.
1982 - 1990 stig verskeie Evangeliese kerke en gee opleiding by Bybel Skole en Kerke in Poland.
1991 - 2006/2007 saammet Helena dien as KEB Direkteur vir Sentraal en Oos Europa. Hulle het op 'n spesiale manier gekonsentreer op die KEB bediening in Rusland en Sentraal Asie. Hule het ook direksie gegee aan nasionale leiers in 30 lande. Hulle was ook lede van die Europese Veld Kommissie. ('European Field Council')
2000 - 2006 studeer vir sy doctorale graad in teologie by die Evangeliese Teologiese Fakulteit in Heverlee/Leuven in Belgie.
2006 verkry sy PhD in Systimatiese Teologie: 'Post-Moderne Hermeneutika en die Evangeliese Reaksie' ('Postmodern Hermeneutics and the Evangelical Response.')
2008 begin die 'Verkondig die Woord!' bediening wat KEB se Internasionale Bybel Opleidings bediening is.
Dr. Czesław Bassara is vyf tale magtig: Engels, Duits, Russies, Pools en Esperanto. Sy Bybel-opleidings bediening het hom al na meer as 60 lande gebied en reeds na al die kontinente in die uithoeke van die aarde gebring!
Verder, broers, bid vir ons,
sodat die woord van die
Here vinnig mag versprei en
oral oorwin soos by julle.
(2 Tess. 3:1)