Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Die chaos wat ons maak as God nie eerste is nie!

Jeremia 2:1-37

Drie verskillende stories speel af in die boek van Jeremia.

Die eerste storie handel oor 'n jong man genaamd Jeremia. Jeremia was God se uitgekose man vir 'n baie moeilike taak.

Die tweede storie is oor die Israeliete- God se uitverkore volk.  Na baie jare van afgodsdiens en sondige leierskap, het God genoeg gehad.  Hy het vir Jeremia die opdrag gegee om die slegte nuus aan die Israeliete te gaan profeteer dat hulle deur die Babeloniers vertrap sal word.

Die derde storie gaan oor God Self.  'n Gebroke Vader wie aanskou het hoe sy kinders ontrou raak aan Hom en teruggeval het in totale rebellie.

Wanneer God nie die eerste prioriteit in ons lewens is nie, sal ons onsself in 'n baie moeilike situasie bevind. 'n Situasie van chaos.  Die chaos wat jy maak wanneer God nie eerste in jou lewe is nie.

Dit is wat gebeur het met God se uitverkore volk, die Israeliete.  Hulle het begin om ander nasies se gode te aanbid en vals afgode te dien.  Hulle het begin ondertrou met mense wat nie van Joodse geloof aangehang het nie.  Wat hulle eers gedink het, is binne hulle beheer, het later hulle begin beheer!

 

Waarskuwing 1 -  Wanneer jy iets anders as God se standaard begin navolg, is jy op 'n glibberige pad na chaos.

Jeremia het Israel se krisis baie kragtig opgesom met dié woorde:

'Jy het op elke hoe heuwel en onder elke groen boom aan tempelprostitusie deelgeneem en so die afgode gedien' (Jeremia 2: 20b).

Vir Israel, was die gras groener aan die ander kant.  En voor hul hul oe kon uitvee, was hul aan die ander kant, waar hul die valse god Baal aanbid het en afgode gedien het!  Hulle het hul kinders as offerandes aan die valse god Molech gebring.  Vers 28 se dat hulle so baie afgode gehad het as wat daar dorpe was! Hulle was immoreel in hul seksuele dade; hulle was oneerlik in hul besigheids transaksies.  God het uiteindelik gese: 'Genoeg is genoeg!'.  Aanvanklik het dit skadeloos gelyk. Maar dis dieselfde met 'n baba ratel-slang!!  Nie te lank nie, dan sal hy pik!! Dit sal groei en voor jy jou kom kry het dit oorgevat, en bevind jy jouself in 'n groot gemors! Wanneer jy iets anders as God se standaard vir jou lewe begin navolg, is jy op 'n glibberige pad na chaos!

 

Waarskuwing 2- Om leiers na te volg wat nie God eer nie, sal lei tot 'n lewe wat God nie eer nie

Dit is presies wat Israel gedoen het.  Hulle het leiers aanvaar wat nie vir God geeer het nie, waar hierdie posisies deur goddelike mense gevul moes wees.

'Die priesters het nie gevra: 'Waar is die Here?' nie, dié wat My wil moes bekend maak, het My nie erken nie.  Die regeerders het hulle teen My verset, die profete het in die naam van Baal opgetree en gode gedien wat nie kan help nie.' (Jeremia 2: 8).

Israel was 'n nasie waar die geloofsleiers nie na God gesoek het nie. Regters het nie God geken of Sy morele basis vir besluite nie.  Konings het teen God gerebelleer en het hul eie koninkryke gebou eerder as die Here s'n.

Predikers het van Baal se teologie gepreek eerder as van God se Woord.

Wanneer ons leiers begin navolg wat God nie volg nie, sal dit nie lank wees voordat ons ook in hul leefstyl ingesuig word nie!

 

Waarskuwing 3 - Om jouself voor God te stel, stel jy jouself op vir mislukking

Israel het besluit dat hul wee belangriker is as God se wee:

'My volk het twee sondes begaan:  Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.' (Jeremia 2: 13).

Israel kon koel, ewigvloeiende  vars water van 'n fontein he, of hulle kon tevrede wees met stilstaande, ou water van 'n lekkende trog.  Israel wou hul eie weg volg en hul eie ding doen...

Om jouself voor God te stel, stel jy jouself op vir mislukking!

 

Waarskuwing 4 - Om skulderkenning te ignoreer sal lei tot 'n harde, koue hart.

Israel het geweier om te erken dat hulle verkeerd was en om vergiffenis te vra vir hul sonde.  En die gevolg was dat hul harte verhard het en hulle het aanhou leef in ongehoorsaamheid.  Uiteindelik sou God die nasie wegvee voor Sy aangesig omdat hulle geweier het om na Hom toe te kom en Hom te erken vir Wie Hy is.

'Na my toe het hulle hulle rug gedraai in plaas van hulle gesig.'  (Jeremia 2: 27b).

Wat was die gevolg van hul sonde?  Hoofstuk 37 vertel ons dat God toegelaat het dat regeerders van die Babiloniese ryk teen Jerusalem in opstand gekom het. Hulle het die stad omring in aanval en eindelik deurgebreek. Vir sy ongehoorsaamheid, is die Koning van Juda in gevangenis geneem.  Hy moes toekyk hoe sy kinders doodgemaak word.  Sy oe was uitgesteek en hy was in boeie in 'n  kuil vir die res van sy lewe. In Jerusalem, was die paleid afgebrand tot teen die gron, die oes was verwoes, en totale families is uitgeroei.  Meeste van die mense was in ballingskap na Babel weggevoer waar hulle slawe was.

 

Waarskuwing 5 - nagevolge van sonde.

Dalk nie dadelik, of selfs volgende week nie, maar sonde het nagevolge.

'Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is, jy sal proe hoe bitter dit is om My, die Here jou God, te verlaat, om geen eerbied meer vir My te he nie, se die Here God, die Almagtige'. (Jeremia 2:19b).

Ons mag dalk versoek word om te dink dat omdat nie een van ons perfek is nie, of  omdat ons almal aan die morele siekte, nl sonde, lei en omdat God genadig en vol liefde is, dat dit nie so baie saak maak nie. Dat God ons ou klein foutjies sal verskoon, want Hy weet ons is menslik.  Maar, ongelukkig, is die situasie baie ernstiger as dit.  Dit is waar dat God ons innig liefhet, maar Sy Heiligheid en regverdigheid is so dat Hy homself nie met sonde kan versoen nie.  Op geen vlak nie.  Soos die profeet Habakkuk en Jesaja dit se:  ' We may be tempted to think that because none of us is perfect and we are all to some degree suffering from this moral disease the Bible calls 'sin' and because God is a loving God, then it does not matter too much. He will overlook our little faults. Unfortunately, the situation is somewhat more serious than that. Though God loves us passionately, His holiness and justice are such that He cannot live with evil. As the prophets Habakuk and Isaiah put it, 'U oe is te rein om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word, U kan tog nie sien dat daar ellende ('evil') is en niks doen nie!' (Habakuk 1: 13), en

'Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.

(Jesaja 59: 2).

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening