Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
DIE GENOEË OM GOD GELUKKIG TE MAAK
Lukas 12:32
Lukas het nie die voorreg gehad om soos Matteus, Petrus en Jakobus saam met God te gaan nie. Hy was 'n medikus . Hy het die Evangelie gehoor en het besluit om gehoorsaam aan God te wees deur alles wat hy van die Seun van God gehoor het, op te teken. Hy het die Evangelie op so 'n wyse geskryf dat almal wat nie Joods is, dit kon verstaan.
Hoekom het Jesus gesê, "Moenie bang wees nie, klein kuddetjie?"
Duisende mense het na Hom kom luister of om genees te word. Net 'n paar sou die Koninkryk binnegaan. Hy het hulle as die 'klein kuddetjie' beskryf.
Vind God plesier uit ons en ons kinders?
Die wat aan Sy Koninkryk behoort en op Hom vertrou.
God is gelukkig deur ons geloof. Heb. 11:6 'As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.' Rom 8 : 8 ......... deur hulle sondige natuur laat beheers, kan die die wil van God doen nie.'Die wat God vertrou, hoop op Christus en Sy Heiligheid raaksien. Die wat na God se Koninkryk en regverdigheid verlang. Die wat na God se Koninkryk en regverdigheid verlang.
Almal wat aan Sy Koninkryk behoort, prys Hom
Dawid verklaar in Ps. 69:31-32 'Dan sal ek die Naam van God besing. Hom met 'n danklied prys. So 'n offer is vir die Here aanneemliker as selfs 'n volmaakte offerdier.' Met ander woorde, die wat God gelukkig maak, is bereid om Hom te prys. Hulle kom na die Vader se huis met dank- en lofliedere. Ons bereidwilligheid om God te loof en prys, maak God groter as die lewe self.
Jesus het 'n lied vir God gesing net voor Hy na die kruis gegaan het . Die Skrif sê 'Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe.' (Matt. 26:30).Die Bybel haal 25 voorbeelde aan waar kinders van God vir Hom lofliedere bring.
Die wat aan Sy Koninkryk behoort verkondig Sy Naam.
As ons God wil gelukkig maak, moet ons Sy Naam verkondig. Ons kan nie net vir die mense vertel wat hulle wil hoor nie. (1 Kor. 1:21; Gal. 1:10).
Ons moet sê soos Christus,'........ ,omdat Ek altyd doen wat Hy wil'. (Joh. 8:29).Wat 'n voorreg om te weet dat ons so kosbaar is vir Hom dat Hy ons na Sy Koninkryk wil neem.
Die Koninkryk van God is nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag (1 Kor. 4:20)
-
Voorsiening: God gee ons ons daaglikse brood (Matt. 6:11), lewende water (Joh. 4:14), vertroosting en rus (Matt. 11:28)
-
Beskerming: Sy Engele bewaar ons (Ps. 91:11-13).
-
Beloftes: God gee ons Sy Woord (Ps. 107:20)
Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)