Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Ek kom gou! Die Here Jesus.

Openbaring 3:11-12

 

1. "Ek kom gou!"

1.1. Die "koms"van die Here Jesus na Efese, Pergamum en Sardis was om te oordeel, maar sy koms na Filadelfia was om 'n einde aan hul lyding te bring.

1.2 "Ek kom gou" is 'n waarskuwing aan die onderdrukkers en 'n bemoediging aan die onderdruktes.

1.1  Die christen moet altyd gereed wees vir die koms van Jesus. (Openbaring 3:3).  Die skielike, onverwagse wederkoms van die Here Jesus, is 'n aanmoediging om getrou te wees in ons diens.

 

2. Die tempel

Die tyd van beproewing wat genoem word in Openb. 3:10 hang saam met die wederkoms van ons Here Jesus Christus vir sy kerk.   Die tempel mag sinspeel op die Millenium Koninkryk of die Nuwe Jerusalem.  Die ware gelowige sal 'n plek vir diens en eer aan God ontvang.

 

3. Die Name

Die drievoudige verwysing na die name gee 'n waarborg van die ewige sekuriteit van die Here Jesus.

 

  • Die naam van my God dui op eienaarskap.

  • Die naam van die stad dui op hemelse burgerskap.

  • My nuwe naam dui op mede-erfgenaam te wees van die Here Jesus.

 

4. Kroon

4.1 Kroon vir oorwinnaars

Die "kroon" wat aangebied was, is die loerierkrans wat gewen is by atletiekbyeenkomste.  Dié belofte was gepas vir 'n stad wat bekend was vir sportgebeure en is 'n algemene Nuwe Testamentiese simbool om getroue diens te beloon.  Die Apostel Paulus het aan Timoteus kort voor sy dood daaroor geskryf: 2 Tim. 4:7-8.

4.2 Om 'n kroon te verloor

Deur wangedrag kon iemand 'n kroon verloor wat vroeër bekom is. (2 Joh. 8) Die kroon dui op die koninklike outoriteit wat gegee is aan die mede-erfgename van die Here Jesus wat die oorwinning behaal het.  As ons voor die regterstoel van Christus verskyn, sal elkeen ontvang wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit goed was of kwaad. (2 Kor. 5:10)

 

5. Pilare

Die oorwinnaars sal pilare in die Tempel van God wees.  Pilare is die mees stabiele en permanente deel van die gebou.  Om 'n pilaar in die tempel te wees, dui op 'n belangrike plek van diens in die Koninkryk van Christus (sien Jes. 22-23; Luk. 19:16-19)

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening