'Proklameer die Woord' is die Internasionale Bybel Opleidings Bediening van Kinderevangelisasie Beweging Inc. Dit le hul daarop toe om die geestelike behoeftes van die KEB personeel wereldwyd dmv die internasionale Bybel bediening te beantwoord so ver moontlik. Dit is net so groot seen ook vir elkeen wat net erns maak met God en Sy Woord.
Hierdie bediening verteenwoordig KEB by verskeie geleenthede:
ONDERRIG EN PREKE
Deur onderrig te gee in KEB institute,
Deur KEB te verteenwoordig en onderrig te gee by Bybelskole, Kolleges en Teologiese Instansies,
Deur optredes by konferensies, kerkdienste en kampe( 'retreats')
VERTEENWOORDIGING VAN KEB
Deur besoek af te le by predikante en Christen leiers,
Deur KEB ook bekend te stel by internasionale forums, konsultasies en konferensies.
SKRYFWERK
Deur die skryf van items en artikels. Meeste daarvan sal op hierdie webbladsy beskikbaar wees.