Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Gebed direk van die Hel (Hades)

 

Lukas 16: 19-31

Judas 22-23

1 Korintiers 16: 15

 

Wat is 'n sending-uitreik(missie)?

Dit is om die Here met soveel toegewydheid te dien, dat ander die Boodskap kan hoor!

Het ek 'n begeerte om myself op so 'n manier aan God onderdanig te stel dat ek alles moontlik doen sodat almal met wie ek daagliks in kontak is, dit moeilik sal vind om 'n besluit te neem om hel toe te gaan?

Wat is my missie?

Is ek gestuur? Het ek die verantwoordelikheid ten volle aanvaar wat God aan my toevertrou het?

Hoekom moet Christene aktief by sendingmissies betrokke wees?

 

1. Twee groot vrae.

Die man in die Bybel het gevra: 'Is ek my broer se oppasser?' (Genesis 4: 9).

Dit was Kain, wat homself probeer regverdig het, wat dié vraag gevra het.

Die tweede grootste vraag is: 'En wie is my naaste?'  (Lukas 10: 29).

Hierdie prokureur het nie geweet wie sy naaste is nie.

Elke Christen behoort hierdie twee vrae vir hulself af te vra. Meer nog, ons behoort dit te beantwoord!

 

2. 'n Besoek aan Hades - Lukas 16, 19-31.

Hades is vol van mense wat uitroep na sendelinge!! Hades is 'n samekoms van dié wat God verwerp het en wat 'n ewige lewe sonder God in die gesig staar.  Hulle ken en verstaan die realiteit van'n geestelike lewe, maar altyd sonder God.

Baie Christene lees die Bybel en bid, 'Hier is ek, Here, stuur my!' en doen steeds niks vir enige uitreik of sending nie, en is daarby nog tevrede met hul oppervlakkige lewe. Hulle is nie betrokke of besorgd by/oor die wat na Hades/Hel gaan nie.  Is die Masedoniese Oproep van Handelinge steeds van toepassing op die Christen van die 21e eeu?

 

3.  Statistieke

Statistieke sê dat slegs 3 % gelowiges betrokke is by enige sending uitreik.

Christene spandeer meer geld aan kos vir hul honde en katte as aan sending.

Is dit vreemd dat meer en meer mense na Hades gaan?

Die gemiddelde lidmaat van 'n Evangeliese Kerk is nie in staat daartoe om 'n eenvoudige getuienis te gee van die Here Jesus Christus nie.

Die Bybel is die mees gelese boek in die wêreld, maar die  meeste Christene lees nie meer as drie hoofstukke 'n week nie.

 

4. Visie

Sommige Christene is so gelukkig op hul pad hemel toe, dat hulle skoon vergeet van die wat reguit oppad hel toe is! Christene het 'n visie nodig van die hel.  Hierdie visie sal ons help om saam te bid, te vas en ons lewe te gee vir die lewe vir die redding van die wat verlore is!  Die visie vir die verlore mense moet in ons huise begin en moet ons sakke en bankrekeninge insluit!

As ek nie kan gaan nie, kan ek help om iemand te stuur.

Die grootste nood is sekerlik om te bid.  Ons het 'n 'gebeds-mentaliteit' nodig wat bietjie verlore geraak het in die kerke huidiglik.

Is sending die mees belangrike uitdaging in ons lewens, of verkies ons om weg te kruip agter die mure van spiritueel onvolwasse kerke?

 

5. Situasie van die wêreld

Uit elke 100 mense wat woon op aarde, het 66 nog nooit gehoor van die Here Jesus Christus nie!

 

70  van hulle is nie-Wit.

57 is van Asiatiese afkoms.

21 is Europees.

70 kan nie lees nie.

50 gaan honger slaap.

1 was Universiteit toe.

40 is kinders wat oop is vir die Evangelie van Christus.

6 van hulle besit 50% van die wêreld se rykdom.

3 van hulle is baie naby Hades, miskien selfs vandag.

Hierdie statistieke het geen betekenis vir ons as ons nie na die Heilige Gees luister nie.  Hy wil deur ons werk!

 

6. God se plan vir Christene.

Bid meer en raak besorgd oor sending.

Vra jouself hierdie vrae af:

Hoe sou ons gemeente wees as almal so betrokke is soos ek?

Hoe sou ons gemeente wees as almal soveel gegee het soos ek?

Hoe sou ons gemeente wees as almal soveel soos ek gebid het vir mekaar en uitgereik het?

Kan ek meer doen?

Kan ek meer gee?

Kan ek meer bid?

Dink aan die wat jy sal ontmoet in die Hemel; dié wie jy van die Here vertel het, dié vir wie jy vertel het van die enigste Redder, Jesus Christus.

As jy nie vir hulle gaan vertel nie, wie sal dan?

As hulle nie is waar jy is nie, waar dan?

As nie nou nie, wanneer dan?

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening