Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Gered om te dien!

 

As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees.  As iemand My dien, sal die Vader hom eer. (Joh 12, 26).

 

Dienaars volg die Here: As Iemand My wil dien, moet hy My volg...

Die Here Jesus se dit baie eenvoudig dat Sy dienaars Hom sal volg!  Dit is nooit die dienaar se reg om vir die Meester te se wat hy wil en nie wil doen nie.  Om Christus te volg is om gelei te word deur die Heilige Gees; om keuses te maak met Sy wysheid, om te leef vir Hom; om te hoor wat Hy wil he ons moet doen!

Dienaar in die Nuwe Testament verteenwoordig gewoonlik die Griekse woord doulos (bondslave). Soms beteken dit diakonos (deacon or minister). Hierdie is korrek want doulos en diakonos is sinonieme. Beide woorde bring na vore 'n mens wat nie vir sy eie gewin bestaan nie, maar is sy Meester se gekoopte besitting.  Ons is duur gekoop om die Meester te dien en Sy werk hier op aarde te doen.

Watse werk wil die Here Jesus he sy dienaars moet doen? Hy vertel vir hulle (ons) dat die manier om Hom te dien, is deur slawe te word van hul mede-dienaars en om gewillig te wees om enigeiets te doen, hoe duur ookal die prys, om hulle te help.

 

Dienaars word gevind waar Jesus werk.....en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees.

'My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook. (Joh 5, 17).

'Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.(Efesiers 2, 10).

God is aan die werk in die wêreld!  Ons kan en wil betrokke wees by wat Hy besig is om te doen. Uitreiking is nie net vir dominees en Teologiese Skool studente nie.  As ons wag of afhanklik is van hierdie mense om die Goeie nuus uit te dra, sal ons baie min bereik.

 

Dienaars sal geeer word deur God ...As iemand My dien, sal My Vader om eer.

As ons die Here met oortuiging dien, met entoesiasme en opgewondenheid, sal ons deur God geeer word. Daar is geen aardse eer wat ooit daarby sal uitkom nie! Dié wat die Here dien SAL geeer word!

Die bekende viool speler, Paganini het sy wonderlike viool aan die stad van Genoa bemaak in sy testament, met die voorwaarde dat dit nooit bespeel moet word nie.  Die hout van hierdie besondere instrument verweer minimaal indien die viool bespeel en gebruik word, maar indien dit nie gebruik word nie, begin dit verrot. Paganini se pragtige viool is vandag niks meer as 'n wurm-gevreete, onbruikbare instrument.  'n Christen se weiering om te dien, mag  binnekort lei tot 'n verrotting en verbrokkeling van sy/haar diensbaarheid.

Dienaars volg die Here! Dienaars word gevind waar die Here werk!  Dienaars sal geeer word deur God!

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening