Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

God in Abraham se lewe

Genesis 12:8

Bou van altaars

As ons na die lewe van Abraham kyk, merk ons op dat hy 'n baie noue verhouding met God gehad het. Abraham het altaars gebou en het die Naam van die Here aangeroep. Al wat hy gebou het, was altare. Ons lees nie dat hy byvoorbeeld paleise gebou het nie.  Aan die einde van sy lewe het hy 'n graf vir Sarah, sy vrou, gebou, maar waar hy ook gegaan het, het hy altare gebou en elke gebeurlikheid in sy lewe het hy gekoppel aan God.  Na aanleiding van die altare kan ons na sy lewensgeskiedenis kyk.

Abraham het vir God aanbid.  Dit was sy mees belangrike beroep.  Hy het byvoorbeeld vir God aanbid toe:

  • Hy teruggekom het van Egipte (Genesis 13:2-4);

  • Hy die grootte van die Beloofde land gesien het (Genesis 13:14-18);

  • Die Here verskyn aan Abraham en verander sy naam van Abram na Abraham  (Genesis 17: 3-5);

  • Hy sluit 'n ooreenkoms met Abimelek by Berseba (Genesis 21:33).

 

Om altare te bou was nie 'n maklike taak nie.  'n Mens het stene en sement nodig. Die moeilikste altaar wat hy gebou het, was die een by die berg Moria.  Hierdie altaar het nie sy rug gebreek nie, maar sy hart. Hy het geweet hierdie altaar moes gebou word om sy seun Isak te offer.  In die oë van God het Abraham sy seun geoffer.  Die lam wat verskyn het, was nie per toeval nie, God het die lam voorsien.

Abraham se teologie

Abraham het onder sy tydgenote die meeste van God geweet. God het aan Abraham die groot waarhede oor Homself geopenbaar (Gen. 18 en 19).  Daar was geen Bybel daardie tyd nie.  Die enigste bron van informasie oor God was deur God self aan Abraham geopenbaar.  Wanneer Abraham met God of oor God gepraat het, het hy die volgende beskrywings gebruik:

 

  • ADONAI (HERE, MEESTER) - Genesis 15:2

  • YAHWEH (HERE - EK IS) - Genesis 15: 2

  • EL ELYON (DIE ALLERHOOGSTE GOD)  - Genesis 14: 22

  • EL SHADDAI (ALMAGTIGE GOD) - Genesis 17:1

  • EL ROI (GOD WAT MY SIEN) - Genesis 16:13

  • EL OLAM (EWIGE GOD) - Genesis 21:33

  • YAHWEH JIREH (DIE HERE VOORSIEN) - Genesis 22:14

 

Abraham het nie 'n Bybel gehad nie, maar hy het vir God baie beter geken as baie mense wat 'n Bybel besit.  Die proses van hoe ons vir God ken, beskryf ons lewens. "Wys my jou God en ek sal jou vertel hoe jy lewe, en ook hoe jy die ewigheid gaan deurbring!"

Om vir God te leer ken is die fondament waarsonder daar geen ware lewe of bediening kan wees nie.

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening