Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Herkenning van die Redder. Wie is Hy?

Joh 1:1-3

Wie is die Here Jesus?  Wie is die Here Jesus vir jou?!

 

Die Here Jeus is die Here gebaseer op die Skepping! (Joh 1: 1-3, Efes. 3: 9, Kol. 1, 16, Hebr. 1: 1-2).

Die bekende agnostis, Robert Ingersol, het gedurende 'n besoek aan Henry Ward Beecher, 'n pragtige model van die sterrestelsel met al sy pragtige sterre en konstelasies in die hemel, raak gesien.  Hy het uitgeroep: 'Dit is presies waarna ek opsoek was.  Wie het dit gemaak?', waarop Beecher toe terug antwoord: 'Wie het dit gemaak?  Wel, niemand nie, Kolonel, dit het sommer net gebeur.'

Jesus is nie slegs 'n deel van die Skepping nie.  Hy is dié Skepper!  Hy is so anders as die meeste afbeeldings van Kersfees. Hy is die Skepper, Hy is die Here. Is Hy JOU Here?

 

Die Here Jesus is die Redder gebaseer op Sy dood en opstanding!! (Joh 1, 29, 3, 16-17).

'If our greatest need had been information, God would have sent us an educator.

If our greatest need had been technology, God would have sent us a scientist'

If our greatest need had been money, God would have sent us an economist.

If our greatest need had been pleasure, God would have sent us an entertainer.'

 

Maar ons grootste nood is vergiffenis van sonde, so God het vir ons 'n Redder gestuur.

Hy is 'n vriend, selfs vir die sondaar. (Bv. Die Samaritaan - Joh 4, 1-30, egbreekster - 8, 1-11). As Here het Hy mag om te red! Hy is die enigste Redder van die wêreld! (Joh 14, 6, Hand 4, 12).

 

Jesus kom gou weer as regter! (Joh 5, 22, Rom. 2, 16, 14, 10; 2 Tim. 4, 1).

Dié wie nie vir Christus as Redder ken nie, sal Hom as Regter ken as Hy weer kom! Dan sal elke knie buig en elke mond erken dat Hy God is!  So, buig dus eerder nou in afhanklikheid voor Hom, voor dit te laat is!

 

Die Here Jesus is 'n vriend aan almal wat Hom toelaat om te wees.

In die seeninge van die lewe (Die troue in Kana, Joh 2, 1-11).

Aan die geestelik verwarde (Nikodemus, Joh 3, 1-21, Petrus, Joh. 21, 15-17).

Aan die sieke (Die adelike se seun, Joh 4, 47-54, Bethesda Joh 5, 1-9, Blindes Joh 9, 6-7).

Aan die wat honger en dors en arm is (Hy voed die 5.000+, Joh 6, 10-13).

 

Ons kan 'n idee vorm van die natuurlike distansie tussen God en mens, maar die vakuum moet gevul word deur die Messias! Hy is die Here, die Redder, die Regter en die Vriend!

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening