Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Hoe bereik mens die post-moderne kind?

 

(1 Kronieke 12:32)

1. Wat is soveel anders aan die tye waarin ons kinders vandag leef?

Die post-moderne generasie neem aan dat elke mening 'n standpunt het, en elke standpuntpunt 'n mening- of soos dit in Engels gestel word: 'every point of view is a view from a point.' In 'n sekere mate is dit waar, ons neig om dinge net te sien van ons eie perspektief. Die post-moderne generasie het 'n gesonde skeptisisme oor die modernistiese analitiese rationaliteit en bevraagteken vorige stellinge van sekerheid en kennis.

 

2. Drie gedagtegange/ modelle:

2.1 Theosentrisme

2.2 Modernisme

2.3 Postmodernisme

 

3. Hoe om die Evangelie aan die post-moderne geslag te bring

Ons moet ons verstaan van die woord 'Evangelisasie' uitbrei.

Postmoderniste is nie ontvanklik vir tradisionele evidensiele 'apologetics' en presentasies nie. Hulle het vrae wat gebaseer is op postmoderne aannames oor die lewe en realiteit. Ons moet die post- modernisme in ag neem in ons bekendstelling van Christus.  Die doel van enige sending uitreik is om mense te help wat geskei is van God om te beweeg na 'n liefde vir God. (Deut. 6, 5).

 

Ons moet 'n waardering kry vir die gemeenskaplike grond wat ons deel met die post-modernistiese geslag.

Ons moet probeer verstaan watter groot stuk gemeenskaplike grond ons deel met die post-moderne geslag. Daar is verskeie waardes en uitgangspunte in die postmoderne kultuur wat ooreenstem, gedeeltelik of in sommige gevalle in geheel, met die historiese Christen wêreld uitkyk. Hierdie kan 'n aanknopingspunt wees waar ons 'n konneksie kan bewerkstellig. Byvoorbeeld:

 

Die Westerse kultuur gaan nie vooruit nie.

Ons, as Bybelse Christene, het nog nooit geglo dat die mens sal bestaan in 'n perfekte wêreld nie. Evangeliese Christene kan met die postmoderne generasie saamstem met hierdie teorie. Ons kan mense vra; 'As tegnologie ons nie na 'n plek van Utopia vat nie, waarheen is ons oppad?' Modernisme was baie optimisties, teenoor die postmodernisme wat glad nie is nie.

 

Besorgdheid oor rassisme en regverdigheid.

Die post moderne generasie is baie besorg oor temas soos ras en geslag en regverdigheid.  Ons wil ook hierdie temas aanspreek as Evangeliese Christene, maar wat sal die standaard wees vir regverdigheid en gelykheid?

 

Besorgdheid oor die ekologie.

Die post moderne geslag lei die stryd teen besoedeling.  Christene behoort ook 'n selfs sterker verantwoordelikheid te voel teenoor die planeet. Ons kan hul behoefte aan 'n skoner en beter wêreld deel.

 

Die klem op kunstige kreatiwiteit.

Ons kan sien dat selfs Paulus die kultuurdigters van sy tyd aangehaal het (Handelinge 17).  Christene behoort kreatiwiteit aan die dag te lê en te sien hoe die stemme van hul kultuur en tyd die beeld van God ten toon stel, selfs al ken 'n mens dit nie.

 

Verhouding is aller-belangrik.

Post moderniste ag die menslike gemeenskap en interaksie baie hoog.  Met ons geloof in 'n Drie-Enige God, sien ons ook verhoudings in die middel van ons menslike bestaan.

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening