Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
HOEKOM HET ONS 'N EVANGELIE BOODSKAP VIR KINDERS NODIG?
Die apostel Paulus verklaar in Rom. 1:16 dat 'die krag van God tot redding van elkeen wat glo is'. Die laaste opdrag van Jesus Christus aan ons was: " Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. (Mark.16:15)
1. Die eerste en mees belangrikste rede waarom die Evangelieboodskap vir kinders nodig is, bly die opdrag van Jesus Christus. Christene kan nie Sy opdrag vermy nie. Jesus Christus wil hê dat kinders na Hom toe kom. (Mark. 10:14; Matt. 18:14). Bybelse evangelie beteken dat ons die Evangelieboodskap aan almal moet bring, kinders ingesluit.
2. Kinders het ook 'n behoefte aan 'n geestelike lewe. Sonder Jesus Christus is hulle geestelik dood. Hulle het 'n probleem met sonde en moet op Jesus Christus vertrou.
3. Kinders is in staat om deur hulle kinderlike geloof op die Evangelie te reageer. Pat Verbal, Kinder Evangelie skrywer en konsultant van die Internasionale Netwerk van Kindersending meld dat 75-85% van Christene verbind hulle tot geloof voor die ouderdom van 15.
4. Kinders is baie ontvanklink vir die Evangelie. Volgens die Barna Navorsing is die aanvaarding van Christus groter onder kinders as by tieners en vowassenes. By kinders, tussen die ouderdomme van 5 en 13 is die waarskynlikste aanvaarding van Christus 32%. Dit daal tot 4% vir die ouderdomme tussen 14 en18, en vermeerder slegs 6% v die res van die lewe.
5. Kinders het 'n langer toekoms. Sending onder kinders is 'n belegging vir die toekoms. Die wêreld se populasie is nou meer as 6,000,000,000. Ten minste een derde is kinders. Hulle is die toekoms van die kerk en vir die nasie. 'n Geredde kind is ook 'n geredde lewe.
6. Kinders is dikwels God se instrumente om ander te red. Families, ingesluit ouers en grootouers kan gered word deur 'n eenvoudige getuienis van 'n geredde kind. Vriende kan ook so bereik word vir Christus. Op hierdie manier kan kinders 'n groot seën wees vir die plaaslike kerk.
7. Kinders speel 'n belangrike rol in die geskiedenis van die Christenkerk. Martin Luther het gesê: "If the Kingdom of God is to come with power we must begin with the children and we must teach them from the very cradle. Charles Spurgeon skryf: Kinders het die hele evangelie nodig. Hulle is geregtig daaarop. As hulle van die Heilige Gees geleer word, is hulle dan in staat om dit in rype jare te ontvang.
8. Kinders het diegene nodig wat die Heiige Gees alreeds ontvang het. Hulle kan onderrig en die kinders bekeer. Hulle word deur God geroep om betrokke te wees by die Kindersending. (Rom.1:6).
9. Deur self betrokke te raak by Kindersending, verheerlik ons God. Die grootste begeerte van elke Christen, nie alleen slegs onderwysers en ouers nie, is om God te verheerlik. Wanneer kinders gered word en groei vir Jesus Christus, eer hulle Hom. Dit is die vrugte waarna God soek. Kinderevangelisasie is nodig om God te verheerlik.
Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)