Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
HOEKOM MOET ONS BETROKKE RAAK BY SENDING?
Matt. 28:18-20
Mark. 16:15
Joh. 20:21
Rom. 10:13-15
Hand. 13:2-4
Dit is 'n historiese feit dat nasies, sonder die Evangelie, meer armoede, misdaad, siekte, korrupsie, oorlog ens. het as die met Godsdiensvryheid.
Daar is bewyse dat in 6,000 jaar 14,530 oorloë geveg is. Dit is gemiddeld 2.6 oorloë per jaar. Dit het vir Caesar $. 75 gekos om een vyandige soldaat te dood. Dit het vir Napoleon $3.000 gekos. Gedurende die eerste wêreldoorlog is $21,000 gespandeer vir elke gestorwe vyand. In die tweede wêreldoorlog was dit $200,000.
Moderne oorlogvoering kos ongeveer $1,000,000 elk.
Dink net om al daardie geld vir Sending te gebruik!
Ons redes vir Sending:
1. Om Jesus Christus se opdrag te verwesenlik. (Matt. 28:19-20)
A. Ons is meer besorg oor ons geboue.
B. Ons is meer besorg oor groot getalle.
C. Ons kwel ons meer oor hoeveel Profesionel mense ons het.
2. Om die passie vir Jesus Christus te deel. (Matt. 9:36-38; 18:10-14)
A. Ons moet die geroep van bo hoor (Gaan na die huis van Cornelius).
B. Ons moet die geroep van onder hoor(Stuur iemand na my broers).
C. Ons moet die geroep van die veld hoor. (Kom na Masedonieë).
3. Om God te verheerlik deur mense na Jesus Christus te bring. (Joh. 3:16; Hand. 1:8; Rom 10:13-15
A. Kinders moet gered word van hulle wanhopige omstandighede.
B. Gevangenis moet in die tronke gered word.
C. Plaaslike mense kan gered word deur besoeke.
D. Red siele wêreldwyd deur die Boodskap.
4 . Om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die Liggaam van Christus. (Ef. 4:12-16)
A. Die plaaslike kerk is die bron van Sendelinge.
B. Die plaaslike kerk is die toevlugsoord van gebed vir Sendelinge.
C. Die plaaslike kerk is die verskaffer van Sendelinge se versorging.
Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)