Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

HULLE HET ALLES GELOS EN HOM GEVOLG

Luk 5:1-11

Plan no. 1

God is gereed om jou te onderrig.

Op 'n dag het Jesus langs die Gennesaretmeer gestaan en die mense het vorentoe gebeur om die Woord van God te hoor. (Luk.5:1)

 

Les no.1

Wanneer ek gereed is om te luister, is God gereed om my te onderrig.

Plan no. 2

God is gereed om sy krag aan jou te wys.

 

Hy het twee skuite aan die kant van die meer sien lê. Die vissers het uitgeklim en was besig om die nette uit te spoel. Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit 'n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer. Toe Hy klaar gepraat het, sê Hy vir Simon:"Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang." "Meneer," antwoord Simon, "ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op U woord sal ek die nette uitgooi." En toe hulle dit doen, het hulle so 'n klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur. Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. (Luk. 5:2-7)

 

Les no. 2

Wanneer ek gereed is om gehoorsaam aan God te wees, is God gereed om vir my Sy krag te wys.

 

Plan no. 3

God is gereed om jou te gebruik.

Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: "Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens. "Hy en almal wat saam met hom was, was stom verbaas oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sê Jesus vir Simon: "Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang." En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lê en sy volgelinge geword. (Luk. 5:8-11)

 

Les no 3.

Wanneer ek gereed is om nederig te wees, is God gereed om vir my te gebruik.

 

Lesse van God:

Wanneer ek gereed is om te luister, is God gereed om my te onderrig.

Wanneer ek gereed is om gehoorsaam aan God te wees, is  God gereed om vir my Sy krag te wys.

Wanneer ek gereed is om  nederig te wees, is God gereed om vir my te gebruik.

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening