Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

In die Pottebakker se huis.

Jer. 18:1-11

Die geskiedkundige betekenis van die teks.

Jeremia het opgemerk dat die pottebakker 'n spesifieke plan het.

Die pottebakker het sy bekwame hande en verskillende instrumente gebuik om 'n spesifieke vorm aan die pot te gee.  Die pot was bedoel vir 'n spesifieke doel.

  • Die pottebakker het die klei gekies, en nie andersom nie.

  • Die pottebakker het die klei gekies wat hy nodig gehad het.

  • Die pottebakker het druk gebruik om die regte vorm te kry.

 

Die Groot Pottebakker het 'n plan vir elkeen van ons (Jer. 1, 18:2-11)

  • Jeremia het vir God gesien as die Pottebakker en Israel as die klei.

  • God het 'n plan met Israel gehad.

  • God het 'n spesifieke vorm aan Israel gegee deur hul ryklik te seën.

  • God het 'n spesifieke vorm aan Israel gegee deur die uitgerekte veroordeling.

 

Geestelike betekenis van die teks.

1.   Die pottebakker het die klei gevind.

  • Psalm 40: 2-3.

  • Vir ander is ons net vuil klei, maar God het die eindresultaat raakgesien (die pot).

  • Ons het nie vir God gekies nie, maar God het vir ons gekies!

  • 1 Korinthiërs 6:9-11.

 

2. Die pottebakker het die klei gemeng met water sodat hy 'n spesifieke, voorafbeplande vorm daaraan kan gee.

  • Efes.  5:26.

  • Gal. 4:19.

  • Fil. 3:10.

  • Rom. 8:29; 12:2.

 

3. Die pottebakker het sy voete gebruik om alle klein lugblasies uit die klei te verwyder wat later kon lei tot barste en dat die pot sou breek.

  • Efes.  1:20-22.

  • "Lekkende"Christene.

 

4.  Die pottebakker het die klei op die wiel geplaas vir die finale vorming.

  • Al in die rondte op die wiel.

  • Bly op die wiel solank as wat nodig is.

  • Die pottebakker gebruik sy vingers om vreemde voorwerpe te verwyder uit die klei. (1 Pet. 5:6).

 

5. Die pottebakker laat die pot droog word in die sonskyn.

Hierdie proses was baie belangrik maar nog nie finaal nie en nog nie voldoende nie.  As die pottebakker hier sou stop, sou die pot nie lank bruikbaar wees nie.  Die pottebakker se planne gaan verder en dieper.

 

6. Die pottebakker moet die pot in die vuuroond plaas.

a. 'n Vuur verwyder al die vullis.

b. Na die proses is die pot baie sterker.

c.   1 Pet. 4: 12-14.

 

7. Die pottebakker versier die pot.

Die pot moes nie net goed wees nie, maar ook aantreklik vir almal om na te kyk.

(Rom. 12: 2).

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening