Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

JESUS CHRISTUS. WIE IS HY EN WAT DOEN HY?

(Openbaring 3:7-9)

Die stad van Filadelfia

Die gemeente van Filadelfia het meer vir God gedoen as enige van die sewe kerke in Openbaring. Die gemeente was getrou aan die opdrag. Sy het na aan God gelewe en Hy het haar nie veroordeel of van haar sonde melding gemaak nie. Haar uitdaging verwys na die toekoms. Sal sy deur die deur gaan wat Jesus  Christus vir haar oophou?

 

Jesus Christus - die skrywer

In Openbaring 3 : 7-13 stel Jesus  Christus Homself voor op 'n toepaslike wyse.

 

1.  Hy is heilig (Openbaring 3:7)

Jesus Christus was perfek, sonder foute of letsels. Sy karakter was volmaak. Heiligheid is 'n  belangrike eienskap van God. 'Die Heilige' is 'n bekende Joodse titel vir God. In Jes. 43 : 15 verklaar God: 'Ek is die Here, julle Heilige God, die skepper van Israel, julle Koning.' Ons moet die Heiligheid van Jesus Christus as God insien. Hy is heilig - daarom verafsku Hy sonde. Ongelowiges moet Hom toelaat om hul probleem met sonde op te los. Hy is heilig, daarom moet gelowiges ook heilig wees.

 

2.  Hy is die waarheid (Openbaring 3:7)

Jesus Christus is volkome geloofwaardlig en betroubaar. In Jesus Christus vind ons die werklikheid. Ons moet ingedagte hou dat ons voor die absolute Waarheid te staan kom. Jesus is werklik. Elke Woord wat hy spreek is die ware Woord van God en dat elke Belofte wat Hy maak,gehou sal word. Dus, ons kan op Hom vertrou vir Verlossing. As gelowiges moet ons verstaan dat wat Jesus Christus ons leer, die waarheid is. Wanneer Hy ons uitdaag, word daarmee bedoel dat ons kan ingaan en doen wat Hy wil hê ons moet doen.

 

3. Hy hou die sleutel van Dawid (Openbaring 3:7)

Sleutels verteenwoordig gesag. Jesus Christus hou ' die sleutel van Dawid'.In Jes. 22:20 - 23 word ook daarna verwys. Gedurende die heerskappy van Koning Hiskia het Eljakim die sleutel van die huis van Dawid ontvang. Al die rykdomme van die konings van Juda was daarin opgesluit. Eljakim was in beheer  oor  wie toegang tot Koning Dawid het. Hy was tweede in bevel. Hy het die deure oop en toe gemaak.

 

4.  Hy was lief vir hulle (Openbaring 3:9)

Jesus Christus het die gemeente van Filadelfia se moeilike posisie verstaan. Jesus Christus wou net die beste vir hulle hê. (Joh. 16:27). Hulle wat in Filadelfia (Broederliefde) gewoon het, was persone van God se liefde. Ware broederliefde is slegs moontlik wanneer God se liefde ontvang is. Ongelowiges moet verstaan dat Jesus Christus terwille van liefde gesterf het. Hy het 'n begeerte om sondaars met Sy liefde te red. (Joh. 3:16; Rom 5:8)

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening