Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
'n Uitnodiging van die Apostel Paulus.
Om ons te bemoedig om geesvervulde lewens te lei, nooi die Apostel Paulus vir ons na die volgende plekke: (Efes. 5):
1. Tempel (Efes. 5: 1-7)
In die tempel herinner die Apostel ons daaraan dat ons Here Jesus sy lewe as 'n offergawe gegee het. Sonde is aaklig en walglik in God se oë. (Jes. 3: 24).
As ons in liefde wandel, sal ons lewens 'n lewende offer wees, (Rom. 12:1-2; Fil. 2:17), 'n lieflike geur vir die Here (Joh. 12:1-8)
2. Veld (Efes. 5: 8-14)
Die Apostel Paulus gaan na die veld en wys ons vrugte en herinner ons daaraan dat om in die lig te wandel produseer geestelike vrug (Gal. 5:22-23)
As ons in die lig wandel, kan ons nie gemeenskap hê met die duisternis nie. (2 Kor. 6:14-18).
3. Besigheidsplek (Efes. 5:15-17)
Dan neem die Apostel Paulus ons na 'n besigheidsplek en vermaan ons om goeie rentmeesters te wees wat weet hoe om goeie gebruik te maak van elke geleentheid.
As ons in wysheid wandel, sal ons ons tyd wys gebruik.
4. Banketsaal (Efes. 5:18-21)
Dan volg ons die Apostel na die banketsaal (Efes. 5:18-19, waar ons kan leer hoe om te wandel in die Gees. (Gal. 5:16-26).
As ons in die Gees wandel, sal ons vol vreugde, dankbaarheid en onderdanigheid aan mekaar wees.
5. Huis (Efes. 5:22-33)
Die laaste besoek van die Apostel Paulus is aan 'n huis, waar hy die huwelik gebruik as 'n prent van die verhouding tussen Christus en die kerk. Christus het ons lief gehad en vir ons gesterf, maar vandag is Hy lief vir ons en versorg Hy ons. Hierdie intieme lewe word uitgebeeld in die Spreuke van Salomo en kan 'n werklikheid wees vir elkeen wat hom/haarself aan Hom onderwerp.
As ons onderdanig is aan die Here Jesus, sal ons tot 'n seën wees vir ander.
Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)