Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Om God as familie te dien

Ons het meer en meer families in ons gemeenskappe vandag waar die kinders nie die Here dien en volg nie.  God wil hê dat families die Here dien!

 

God se gegewe reëls

  • Vader (Ef. 5:23; 1 Tim. 3: 4-5).

 

Die pa/ vader moet die huisgesin lei deur:

Direksie vir die gesin te gee deur die onderrig van God se Woord,

Saammet en vir die gesin te bid,

Sy lewende voorbeeld,

Vir sy vrou en kinders lief te wees,

Sy sagte hart en ferm hand.


  • Moeder (Spreuke 31: 25-28; Tit. 2: 3-5).

Die ma moet haar rol by die huis vervul deur:

Te sorg vir die fisiese en geestelike behoeftes van haar man en kinders,

Haar huis 'n prioriteit te maak (bv.die regte atmosfeer daar te skep),

Haarself daaraan te wei om 'n rol van 'helper/maat' en versorger te wees.

 

  • Kinders (Spreuke 1: 8; Eph. 6:1-2; Spreuke 23: 24-25).

Kinders moet aan hulle ouers gehoorsaam wees en hulle eer in die Here.

 

Die goeie karakter eienskappe van Job as pa (Job 1: 1-5).

Job het God gevrees (vers 1), sonde verwerp en God geprys en verheerlik (vers 5). As pa, het hy 'n voorbeeldige lewe gelei voor God en ook sy familie, vriende en, veral, kinders.

Hy was besorgd oor hul geestelike sowel as hul fisiese behoeftes. Hy het vir hulle ingetree in gebed dat hul sonde vergewe moes word en dat hul 'n lewe sal lei wat die Here sou verheerlik.

 

Abraham, nog 'n uitstaande voorbeeld van 'n Goddelike pa (Genesis 18, 19).

Abraham het ten volle geglo dat God se Woord die absolute waarheid is, dat dit die bron van wysheid en seëning vir hom en sy kinders is.  Daarom het hy sy kinders opdrag gegee om in God se weë te wandel, net soos hy ook God se voorbeeld gevolg het.

As 'n pa het hy gehoorsaamheid gekweek by sy kinders.

God wil hê dat families en gesinne God moet dien!

 

Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening