Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
ONS HET GOD SE BEMOEDIGING NODIG IN TYE WAARIN ONS MOEDELOOS IS
Heb. 10:23;35- Al God se kinders het bemoediging nodig.
1. Isak het bemoediging nodig gehad: "sal by jou wees en jou voorspoedig maak."
Die Here het aan Isak veskyn en vir hom gesê: "Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar ek jou sê: in hierdie land. Bly 'n tyd lank hier, en Ek sal by jou wees en jou voorspoedig maak. Ek gee hierdie hele wêreld aan jou en jou nageslag. Ek sal die belofte nakom wat Ek met 'n eed teenoor jou vader Abraham afgelê het. (Gen. 26:2-3)
(Gen. 26:12-13)
Daar was hongersnood in die land waar Isak gewoon het. God het vir hom gesê om nie na Egipte toe te trek nie. God het belowe om hom te seën. Die Here het hom voorspoedig gemaak. Daardie jaar het die saad honderdvoudig geskiet. Isak het 'n baie ryk man geword.
God is by ons wanneer ons probleme ondervind, met ons tekortkominge en wanneer ons seerkry. Soms is ons geneig om weg te hardloop van ons probleme.
God het belowe om Sy magtige krag aan ons te bewys wanneer ons probleme in die gesig staar.
2. Ragel: God het op Ragel ag geslaan, en haar gebed verhoor.
Hy het haar nie langer kinderloos gelaat nie. (Gen 30:22)
Ragel was onvrugbaaar. Dit het gelyk of God haar vergeet het. Al die ander vrouens het kinders gehad, maar dit was asof Ragel nie God se seën gehad het nie. Net toe dit lyk of God haar vergeet het, lees ons dat "God op Ragel ag geslaan het." Ragel was nie vergete nie. God het haar gebed verhoor. Sy het swanger geword. Sy het die seun Josef genoem . Al moes Ragel lank gewag het dat haar gebede verhoor moes word, was dit ongewoon en wonderlik.
Selfs in ons eie lewens voel ons of God ons vergeet het, omdat ons gebede nie dadelik verhoor word nie.
God sal ons nie vergeet nie en wanneer ons gebede dan verhoor word is dit baie spesiaal.
Ons moenie moedeloos raak nie, maar moet met hoop en geloof uitsien na wat God ons wil gee.
3. Jakob: Ek het alles gesien wat Laban aan jou gedoen het. (Gen. 31:11)
Gen. 31:12; 6; 7; 41
Nadat Jakob vir twintig jaar deur Laban mishandel is, het God hom beveel om terug te gaan na sy vader. Hy het vir Jakob gesê: "Ek het alles gesien wat Laban aan jou gedoen het." God het hom verlos van Laban. Al is Jakob vir 'n lang tydperk deur Laban mishandel en bedrieg, was dit nie onbekend aan God nie. God was bewus van die onregverdige behandeling en verdrukking van Jakob. God het tussenbeide gekom en hom verlos.
God weet van al die pyn en angs wat ons ondervind. Ons moenie moedeloos raak en dink dat God nie daarvan bewus is nie.
God weet van al die onregverdige behandeling wat ons in die gesig staar. Hy sal tussenbeide tree en ons verlos.
4. Elia: "Jy het nog 'n lang pad om te gaan.
Hy self het egter 'n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder 'n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: "Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie." Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: "Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word." (1 Kon. 19:4:7)
1 Kon. 19:1-7,15-16, 2 Kon.2:1; 11
Toe Elia se lewe in gevaar was, het hy moedeloos geword en gewens hy moet sterf. Hy het gesê´"Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe." Hy het gevoel dit is beter om te sterf as om te lewe. Hy kon nie die doel van sy lewe sien nie. Hy het nie besef dat God nog werk vir hom het nie. God het 'n engel gestuur om hom te versterk. Daar was nog belangrike take wat God vir hom gehad het om te voltooi. Hy moet twee konings salf. Hy moes ook sy opvolger, Elisa salf. God se plan met Elia was dat hy met 'n wa van vuur met perde van vuur in die hemel opgeneem sou word. Elia het nie in sy moedeloosheid, besef van hierdie wonderlike plan van God nie. In plaas daarvan, het hy gebid om te sterf. God het hom bemoedig om sy roeping te vervolmaak.
In ons eie lewe voel ons soms so mismoedig deur al ons swaar laste dat ons tot God bid om ons weg te neem uit die wêreld. Wat ons nie besef nie is dat ons nog 'n lang reis het en dat God nog baie werk vir ons het om te doen.
God wil ons bemoedig om aan te gaan en al die opdragte te voltooi wat Hy aan ons toegewys het om Sy Koninkryk te verwesenlik.
Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)