Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
Outlines of Messages
'n Uitnodiging van die Apostel Paulus.
Om ons te bemoedig om geesvervulde lewens te lei, nooi die Apostel Paulus vir ons na die volgende plekke: (Efes. 5):
1. Tempel (Efes. 5: 1-7)
In die tempel herinner die Apostel ons daaraan dat ons Here Jesus sy lewe as 'n offergawe gegee het. Sonde is aaklig en walglik in God se oë. (Jes. 3: 24).
As ons in liefde wandel, sal ons lewens 'n lewende offer wees, (Rom. 12:1-2; Fil. 2:17), 'n lieflike geur vir die Here (Joh. 12:1-8)
2. Veld (Efes. 5: 8-14)
Die Apostel Paulus gaan na die veld en wys ons vrugte en herinner ons daaraan dat om in die lig te wandel produseer geestelike vrug (Gal. 5:22-23)
As ons in die lig wandel, kan ons nie gemeenskap hê met die duisternis nie. (2 Kor. 6:14-18).
By die voete van die Here Jesus
1. Vergifnis van sonde - Luk. 7:38
Alhoewel die Fariseër die Here Jesus ingenooi het in sy huis, het hy nooit by sy voete gesit nie. Hy wou by Hom aan die tafel sit. Die vrou het nie die Here Jesus na haar huis genooi nie (miskien het sy nie 'n huis gehad nie), maar sy was bewus van haar grootste probleem: sonde. Sy het geweet sy het vergifnis van haar sonde nodig. Sy het al haar sonde na die Here Jesus se voete gebring.
DIE HERE JESUS IS GOD WAT SONDE VERGEWE!
2. Die regte lering - Luk 10:39
Maria het geweet dat sy moes leer. Martha het die Here Jesus verwelkom in hul huis in Bethanië, maar dit was Maria wat by die voete van die Here Jesus gesit het. Om te leer moet 'n mens konsentreer. Dit is so dat dit nie Maria was wat vir die Here Jesus genooi het nie, maar sy het 'n plek ingeneem wat die beste vir haar was naamlik by Jesus se voete. Dit was 'n beter keuse - Luk 10:42
Die Here Jesus is God - Hy is waarheid, ken ons en het ons lief!
DIE GENOEË OM GOD GELUKKIG TE MAAK
Lukas 12:32
Lukas het nie die voorreg gehad om soos Matteus, Petrus en Jakobus saam met God te gaan nie. Hy was 'n medikus . Hy het die Evangelie gehoor en het besluit om gehoorsaam aan God te wees deur alles wat hy van die Seun van God gehoor het, op te teken. Hy het die Evangelie op so 'n wyse geskryf dat almal wat nie Joods is, dit kon verstaan.
Hoekom het Jesus gesê, "Moenie bang wees nie, klein kuddetjie?"
Duisende mense het na Hom kom luister of om genees te word. Net 'n paar sou die Koninkryk binnegaan. Hy het hulle as die 'klein kuddetjie' beskryf.
Vind God plesier uit ons en ons kinders?
Die wat aan Sy Koninkryk behoort en op Hom vertrou.
God is gelukkig deur ons geloof. Heb. 11:6 'As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.' Rom 8 : 8 ......... deur hulle sondige natuur laat beheers, kan die die wil van God doen nie.'Die wat God vertrou, hoop op Christus en Sy Heiligheid raaksien. Die wat na God se Koninkryk en regverdigheid verlang. Die wat na God se Koninkryk en regverdigheid verlang.
Die chaos wat ons maak as God nie eerste is nie!
Jeremia 2:1-37
Drie verskillende stories speel af in die boek van Jeremia.
Die eerste storie handel oor 'n jong man genaamd Jeremia. Jeremia was God se uitgekose man vir 'n baie moeilike taak.
Die tweede storie is oor die Israeliete- God se uitverkore volk. Na baie jare van afgodsdiens en sondige leierskap, het God genoeg gehad. Hy het vir Jeremia die opdrag gegee om die slegte nuus aan die Israeliete te gaan profeteer dat hulle deur die Babeloniers vertrap sal word.
Die derde storie gaan oor God Self. 'n Gebroke Vader wie aanskou het hoe sy kinders ontrou raak aan Hom en teruggeval het in totale rebellie.
Wanneer God nie die eerste prioriteit in ons lewens is nie, sal ons onsself in 'n baie moeilike situasie bevind. 'n Situasie van chaos. Die chaos wat jy maak wanneer God nie eerste in jou lewe is nie.
Dit is wat gebeur het met God se uitverkore volk, die Israeliete. Hulle het begin om ander nasies se gode te aanbid en vals afgode te dien. Hulle het begin ondertrou met mense wat nie van Joodse geloof aangehang het nie. Wat hulle eers gedink het, is binne hulle beheer, het later hulle begin beheer!
Waarskuwing 1 - Wanneer jy iets anders as God se standaard begin navolg, is jy op 'n glibberige pad na chaos.
Jeremia het Israel se krisis baie kragtig opgesom met dié woorde:
'Jy het op elke hoe heuwel en onder elke groen boom aan tempelprostitusie deelgeneem en so die afgode gedien' (Jeremia 2: 20b).
Die seën van dankbaarheid
1. Dankbaarheid is 'n uitdrukking van geestelike lewe
Luk. 17: 11-18
Waar is die nege?
2. Dankbaarheid bring eer aan God
Hand. 3:7-11
Ons bemoedig ander as ons dankbaar is.
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL
<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>