Dra die Woord uit!

Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?



Resultate

Outlines of Messages

Hoe bereik mens die post-moderne kind?

 

(1 Kronieke 12:32)

1. Wat is soveel anders aan die tye waarin ons kinders vandag leef?

Die post-moderne generasie neem aan dat elke mening 'n standpunt het, en elke standpuntpunt 'n mening- of soos dit in Engels gestel word: 'every point of view is a view from a point.' In 'n sekere mate is dit waar, ons neig om dinge net te sien van ons eie perspektief. Die post-moderne generasie het 'n gesonde skeptisisme oor die modernistiese analitiese rationaliteit en bevraagteken vorige stellinge van sekerheid en kennis.

 

2. Drie gedagtegange/ modelle:

2.1 Theosentrisme

2.2 Modernisme

2.3 Postmodernisme

 

Lees meer: Hoe bereik mens die post-moderne kind?

   

HOEKOM HET ONS 'N EVANGELIE BOODSKAP VIR KINDERS NODIG?

Die apostel Paulus verklaar in Rom. 1:16 dat 'die krag van God tot redding van elkeen wat glo is'. Die laaste opdrag van Jesus Christus aan ons was: " Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie  aan die hele mensdom. (Mark.16:15)

1. Die eerste en mees belangrikste rede waarom die Evangelieboodskap vir kinders nodig is, bly die opdrag van Jesus Christus. Christene kan nie Sy opdrag vermy nie. Jesus Christus wil hê dat kinders na Hom toe kom. (Mark. 10:14; Matt. 18:14). Bybelse evangelie beteken dat ons die Evangelieboodskap aan almal moet bring, kinders ingesluit.

 

2.  Kinders het ook 'n behoefte aan 'n geestelike lewe. Sonder Jesus Christus is hulle geestelik dood. Hulle het 'n probleem met sonde en moet op Jesus Christus vertrou.

 

3. Kinders is in staat om deur hulle kinderlike geloof op die Evangelie te reageer. Pat Verbal, Kinder Evangelie skrywer en konsultant van die Internasionale Netwerk van Kindersending meld dat 75-85% van  Christene verbind hulle tot geloof voor die ouderdom van 15.

Lees meer: HOEKOM HET ONS 'N EVANGELIE BOODSKAP VIR KINDERS NODIG?

   

HOEKOM MOET ONS BETROKKE RAAK BY SENDING?

Matt. 28:18-20

Mark. 16:15

Joh. 20:21

Rom. 10:13-15

Hand. 13:2-4

Dit is 'n historiese feit dat nasies, sonder  die Evangelie, meer armoede, misdaad, siekte, korrupsie, oorlog ens. het as die met Godsdiensvryheid.

Daar is bewyse dat in 6,000 jaar 14,530 oorloë geveg is. Dit is gemiddeld 2.6 oorloë per jaar. Dit het vir Caesar $. 75 gekos om een vyandige soldaat te dood. Dit het vir Napoleon $3.000 gekos. Gedurende die eerste wêreldoorlog is $21,000 gespandeer vir elke gestorwe vyand. In die tweede wêreldoorlog was dit $200,000.

Moderne oorlogvoering kos ongeveer $1,000,000 elk.

Lees meer: HOEKOM MOET ONS BETROKKE RAAK BY SENDING?

   

HULLE HET ALLES GELOS EN HOM GEVOLG

Luk 5:1-11

Plan no. 1

God is gereed om jou te onderrig.

Op 'n dag het Jesus langs die Gennesaretmeer gestaan en die mense het vorentoe gebeur om die Woord van God te hoor. (Luk.5:1)

 

Les no.1

Wanneer ek gereed is om te luister, is God gereed om my te onderrig.

Plan no. 2

God is gereed om sy krag aan jou te wys.

 

Hy het twee skuite aan die kant van die meer sien lê. Die vissers het uitgeklim en was besig om die nette uit te spoel. Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit 'n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer. Toe Hy klaar gepraat het, sê Hy vir Simon:"Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang." "Meneer," antwoord Simon, "ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op U woord sal ek die nette uitgooi." En toe hulle dit doen, het hulle so 'n klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur. Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het. (Luk. 5:2-7)

Lees meer: HULLE HET ALLES GELOS EN HOM GEVOLG

   

In die Pottebakker se huis.

Jer. 18:1-11

Die geskiedkundige betekenis van die teks.

Jeremia het opgemerk dat die pottebakker 'n spesifieke plan het.

Die pottebakker het sy bekwame hande en verskillende instrumente gebuik om 'n spesifieke vorm aan die pot te gee.  Die pot was bedoel vir 'n spesifieke doel.

  • Die pottebakker het die klei gekies, en nie andersom nie.

  • Die pottebakker het die klei gekies wat hy nodig gehad het.

  • Die pottebakker het druk gebruik om die regte vorm te kry.

 

Die Groot Pottebakker het 'n plan vir elkeen van ons (Jer. 1, 18:2-11)

  • Jeremia het vir God gesien as die Pottebakker en Israel as die klei.

  • God het 'n plan met Israel gehad.

  • God het 'n spesifieke vorm aan Israel gegee deur hul ryklik te seën.

  • God het 'n spesifieke vorm aan Israel gegee deur die uitgerekte veroordeling.

 

Lees meer: In die Pottebakker se huis.

   

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

<< Begin < Vorige 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Volgende > Einde >>

James N. Spurgeon het geskryf:

''n Werk is jou keuse; 'n roeping is Christus se keuse.  Met jou (sekulere) werk verwag jy om vergoed te word; met jou roeping wil jy vergoed en gee aan ander.  Met jou werk gee jy iets sodat jy iets terug kan kry; met jou roeping wil jy graag teruggee van wat jy reeds ontvang het. 'n Werk hang af van jou vermoe; 'n roeping hang af van jou beskikbaarheid aan God.
'n Werk goed gedoen, bring jou prys en eer; 'n roeping goed gedoen bring Glorie en eer aan God.'

 

Hierdie bediening is om alle eer te bring aan ons Here, Jesus Christus!

U kan hierdie materiaal vryelik gebruik, met die voorwaarde dat hierdie werk en bediening tot Eer van God, genoem sal word in die toepassing daarvan.  U word is ook hartlik welkom om aan u lesers of toehoorders waar hul ook die materiaal kan vind : www.proword.eu, die webwerf van die 'Proklameer die Woord' KEB Bybel opleidings bediening