Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
WAT BETEKEN GOD SE WOORD VIR MY
Neem die woorde want jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het (2 Tim.1:13)
1. Daar was, vanaf die begin van die vroeë kerk definitiewe oorsig van leerstellings. Dit was algemeen dat onderrig daarvolgens getoets is. Timoteus is gewaarsku om nie hieraan te verander nie. Indien hy wel daaraan sou verander, het hy niks gehad om dit te staaf nie. In die 21ste eeu gebruik ons nog wat Paulus in die 1ste eeu geleer het. In die dae van die vroeë kerk is gesê: "Ons is nie onderhewig aan die wet van Christus nie." Sommige mense gebruik vandag nog hierdie begrip. Daar is wel ander wat beweer dat ons "uit genade" is. Daar word ook beweer dat die Nuwe Testament 'n versameling van 'liefdesbriewe' is. (lees 1 Kor. 9:12: Gal. 6:2)
2. Vir eeue is God se werk gedoen deur mense wat standvastig gebly het deur moeilike tye. Dit kon vir hulle maklik wees om te skik. Maar hulle het nie. Die apostel Paulus was een van hulle wat nie geskik het nie. Teen die end van sy lewe het hy vir Timoteus bemoedig. Volgens 1 Tim. 1:11 ......van die gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie wat aan my toevertrou is, die evangelie van die heerlikheid van die goeie God. In 2 Tim.1:18 lees ons dat dit Timoteus se verantwoordelikheid geword het om die woorde wat hy gehoor het te volg in die geloof in Christus Jesus.
3. Ons glo dat die Heilige Gees die Gees van Waarheid is. Hy het die Waarheid aan Timoteus toevertrou. Ons het net een Heilige Gees en die enigste Waarheid kom van Hom. Ons glo nie in twee Heilige Geeste nie. Dus glo ons nie in twee of meer Waarhede nie. God het besluit om die Heilige Gees te stuur om aan ons die Waarheid te verkondig. Sonder die hulp van die Gees sou ons in die duister wees. Sonder Hom sou ons nie in staat wees om die Woord van God te verstaan nie. Joh. 16:13 Die Heilige Gees stel ons in staat om die Waarheid te ken en met ander te deel.
4. Ons het ook gesien dat Timoteus se leerstelling 'geloof en liefde' verteenwoordig. Hy moes die Waarheid verkondig in liefde. Ef. 4:15 .......ons sal in liefde by die waarheid bly.....Hoe maklik is dit om tot 'n vergelyking te kom om ons geloof te red. Hoe maklik is dit ook vir iemand om, i.p.v die waarheid te deel, sy eie vertolking daarvan te gee en dan probleme te skep. 'n Kortlikse opsomming van die regverdige leerstellinge van die Christelike lewe is: "Geloof maak ons meesters en liefde maak ons diensknegte. Geloof moet altyd gevestig word op Jesus Christus.
5. Seëninge word slegs by Jesus Christus gevind. Fil. 3:9 en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo.
Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)