Dra die Woord uit!
Is hierdie webwerf 'n seëning vir jou?
WAT IS DIE BOODSKAP WAT VANDAG SE KINDERS BENODIG?
1. Hulle moet van God hoor
God is die bron van verlossing. Kinder behoort te weet wie God is en wat Hy doen. Kinders sal nooit hulle verantwoordelikhede teenoor sonde verstaan as hulle nie 'n duidelike beeld van God het nie.
Dit is hoekom ons hulle leer:
-
God het jou gemaak (Hand. 17:23-29): jy is verantwoordelik teenoor Hom.
-
God praat met ons deur die Bybel ( 1 Kor:3-4): jy moet verantwoordelik wees en na Hom luister.
-
God is heilig en regverdig ( Hand. 17:31): Hy moet jou oordeel.
-
God is goed en Hy is lief vir jou (Joh. 3:16): Hy het verlossing vir jou moontlik gemaak
2. Hulle moet leer van sonde
Onderrig van sonde moet die behoefte van verlossing wys. Sonde en die gevolge daarvan moet velledig en ernstig behandel word. Dit is hoekom ons hulle leer:
-
Jou sonde is teen God (Ps. 51:4)
-
Jy is van nature sondig (Ef. 2:3) almal het gesondig (Rom. 3:23)
-
As gevolg van sonde verdien jy die straf van God (Rom. 1:18)
3. Hulle moet van Jesus Christus hoor
Om die kinders van Jesus Christus te leer, wys dit hulled at dit die enigste manier van verlossing is. Kinders behoort te weet wie Jesus Christus is en wat Hy gedoen het. Daarom leer ons hulle:
-
Jesus Christus is die Seun van Godd, die enigste Verlosser. ( Hand. 9:20)
-
Jy moet afsien van jou sonde (Hand. 2:38; 20:21)
-
Jy moet op Jesus Christus vertrou (Hand. 16:31; 20:21)
Berou en geloof behels algehele verantwooring teenoor God (Rom. 6:17)
Dr. Czeslaw Bassara ( Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ; www.proword.eu)